Keats House
Keats House is 'n museum wat in die Engelse Romantiese digter John Keats se Noord-Londense woning in Hampstead ingerig is. Die gebou, wat tussen 1814 en 1816 opgerig is, het as halfvrystaande woning oorspronklik deel uitgemaak van 'n dubbelhuis, Wentworth Place, wat in twee huisies met 'n gemeenskaplike tuin opgesplits is. Hampstead was in dié tyd nog 'n afgeleë dorpie buite Londen wat deur velde omring is.
Read article





